Friday, August 21, 2009

The no(ne)sense of becoming American

Met die ”Skonies” wat kom kuier het en skoonma wat so bietjie gesukkel het met die lopery, het sy een van hierdie “walkers” persent gekry. Dit is eers as iemand in die familie- of vriendekring een van hierdie goed begin gebruik dat jy die goed (en ander gestremdes) begin oplet. Ek weet nie of dit my goedbedeelde verbeelding is nie, maar is hier baie meer mense wat van battery aangedrewe rolstoele, zimmeframes en/of “walkers” gebruik maak? Wel seker nie. Die persentasie gestremde mense hier is seker dieselfde as in Suid-Afrika of enige ander “beskaafde” land, maar ek neem aan dat meer mense hier die duur toerusting kan bekostig en hulle dus baie meer sigbaar is.

Bogenoemdes mag ook in die gereserveerde parkerings (beste parkerings, gewoonlik met die enigste skaduwee) naaste aan winkelsentrum- ingange parkeer. Anders as in SA, is die boete as jy in so parkering parkeer sonder dat jy ‘n “disabled” plakker op jou kar het in die omgewing van R2500. Ek het hoegenaamd geen probleem daarmee dat parkering gereserveer word vir gestremde mense nie. Waarmee ek wel ‘n probleem het, is dat vir my begin lyk asof elke tweede of derde oorgewig Yank by die DMV (Department Of Motor Vehicles) gaan uitkamp todat hy/sy die nodige formele toestemming/permit kry om van die gestremde parkering gebruik te kan maak. Verstaan my mooi, as iemand wat self dig by die 30Kg opgetel het het ek netso min teen vet mense as buitengewoon maer mense.

Dink bietjie vir ‘n oomblik daaroor. Jafel jaag met sy Jeep die die parkering binne, swaai sy boomstomp bene by die deur uit, en rol die 20m na Walmart se deur. Hy val letterlik in een van die battery aangedrewe winkeltrollies en doen sy inkopies so in die ry. Agterop sy Jeep lees ek die bumper sticker: “Don’t steal from the Government! They’re already stealing from you!” Ja jou Koos. Ek sal maar nie se hoe jy van die belastingbetaler steel nie. Jy is seker medies ongeskik om te werk agv jou toestand
Dis dieselfde regering (DMV) wat hom van die van die wal af in die sloot help. Die bietjie oefening wat hy nog kan kry, word hom ontneem.

Dis nie net die DMV nie. Baie plekke het die drive-through opsies en dis veral die dikkes wat te lui is om selfs in die gestremde parkering te parkeer en sy koffie binne-in Starbucks te gaan koop wat van die drive-throughs gebruik maak. Ek sien nou die dag ‘n vrou wat by In&Out se drive-through haar burger koop en daarna toe parkeer om die burger te eet! Geen oefening nie!!. Dis ook hierdie mense wat eerder die tyd sal mors om vir die hyser te wag om EEN loer op of af te gaan as om die trappe te gebruik.

Nuwe reel in ons huis: Terwyl niemand gestremd is nie, sal ons nie weer van enige “drive-through” gebruik maak nie

In SA was dit jare terug mode om met ‘n mynners se “hard hat” in jou agtervenster te ry. So half ‘n statussimbool om te wys jy is die mynkaptein of jy het ‘n blasting license of so iets. Veral eerstejaar mediese studente kon nie wag om die dorp vol te loop of by die huis aan te kom (as daar kuiergaste is), met ‘n wit jas en stetoskoop om die nek nie. Hier is die statusimbool, lyk my daardie broeke en hemde wat die dokters in die teater dra. (scrubs) Ek het nou eendag selfs iemand gesien wat die goed dra wat ooglopend nie in ‘n mediese beroep is nie – naby 80 en gestremd.

Party goed maak wel al hoe meer sense hier. As jy dit nie in die skottelgoedwasser kan was nie, moet dit nie koop nie. As dit moeilik stryk, of nie “wrinkle resistant” is nie, moet dit nie koop nie!

NS So twee dae na ek hierdiedie geskryf het hoor ek op NPR dat hulle die dra van scrubs in die openbaar wil verbied agv die oordaagbarheid van patogene of so iets

No comments: