Thursday, June 4, 2009

Soos die groot 50 nader kruip, word mens meer gereeld wakker met ‘n pyn hier en ‘n pyn daar. So het ek nou sulke stywe gewrigte wat al te veel voel of dit arthritis kan wees. Maar nou ja, soos my ma gese het” “Dit help nie jy sit en wag vir die dood nie”

Dit raak nou erg Somer hier en almal en ek bedoel almal loop rond met ‘n geniesery van die stuifmeel. Party van ons kyk eerste ding in die oggend na die online nuus, of wat die Rand teen die Dolaar doen. Deesdae kyk almal eers wat die Pollen-count vir die dag gaan wees. So al asof jy iets daaraan kan doen. Bygese wat kan jy nou eintlik doen met die Rand/Dollar-koers of die moord en doodslag op beeld.co.za?

Die groot tamatieland oorkant ons kompleks is binne ‘n weeg omgeploeg gelyk gemaak en vol tamatieplantjies geplant. Die land is seker so groot soos 10 rugbyvlede. Dis ongelooflik hoe vinning en hulle die goed hier doen en op watter skaal hulle dinge doen.

Die Barnardts is almal nou omtrent mobiel. Elkeen het ‘n fiets en ons het selfs een van daardie klein kinderfietsies gekoop wat nie ‘n voorwiel het nie en wat aan die “groot”
fiets voor vashaak. Liesl en die kinders het elkeen ‘n paar rolskaatse en ek moet se ek was ewe verbaas hoe goed die 3 regkom. In Desember het ons vir Clara ‘n Ripstick gekoop. Dis een van daardie skaatsplanke met die een wiel voor en die een wiel agter. Dit was een van daardie kopies wat ek gedink het nog ‘n wit olifant gaan wees en dit het ‘n paar maande net gele want sy kon net nie regkom daarmee nie. Sy het so paar weke terug die “trick” agtrergekom en sy ry hom nou gaar. Soveel so dat ek dit ook nou probeer. Vir iemand wat al so baie soos ek geval het(ek het tot op 15 gedink fietsry is ‘n kontaksport) is ek maar skrikkerig. Bygese jy moet soos ‘n fiets aan die beweeg bly met die ding, want die val kom eintlik wanneer jy stil staan. Ek het twee keer hard geval. Bingo! Dis toe nie arthritis in die gewrigte nie maar die gevallery met die Ripstick

Ek het al vrede gemaak met die Amerikaners wat nou maar net eenmaal nie met ‘n mes en vurk kan eet nie. Ek is selfs besig om vrede te maak met die voetgangers wat karre ignoreer soos kroonwild muggies afmaak by ‘n soutlek. Wat my teen die mure uitdryf is die feit dat hulle met oopmonde kou en met kos in hulle monde praat. Om dinge erger te maak lyk dit of Clara ten spyte van my beste pogings hierdie gewoonte aanleer. Namate haar engels verbeter, versleg haar eetgewoontes. Een van die dae is een van die dae wat die polisie nog hier gaan opdaag om my weg te vat…….

No comments: