Friday, December 11, 2009

Home sweet home (2)

N

a ‘n jaar in Amerika kan ek met sekerheid se dat ek altyd ‘n Suid-Afrikaner, Afrikaner, Boer of watter term jy ookal wil gebruik, sal wees. Dit ten spyte van die Greencards wat hulle opwagting in die pos gemaak het en die vooruitsig van burgerskap wat daarmee saamgaan. Ek voel al hoe meer tuis hier en vermoed ek sal seker al hoe minder tuis voel in Suid_Afrika. As ek op die snelweg verby die imposante IKEA of Home Depot ry, let ek dit deesdae netso min op as wat ek die Pick N Pay in Faerie Glen sal opmerk, sou ek daar verby ry. Ek het gewoond geraak daaraan om die meeste van die tyd by die spoedgrens te hou en ‘n voetganger as ‘n bedrydgde wildspesie te beskou. Vir die kinders is dit ‘n heel ander storie. So nou en dan sal Anja se sy verlang na haar maatjie in Bambi in Lyttleton, maar ek dink nie sy kan juis veel onthou nie. Die kinders “veramerikaans” en veral hulle Afrikaans lei daaronder. Anja praat vam ‘n kop in plaas van koppie tee. En sy se “Ek wil langs to jou le” Dis ook al moeilik om Clara van die ander Amerikanertjies in die omgewing te onderskei Amerika (die dorp waar ons bly ) is vir my in baie opsigte soos wat Suid-Afrika was in die 1970’s. Daar is geen heining voor die huis of diefwering voor die vensters nie. My fiets staan nou al maande langs die huis en ek sluit nie eers my kar as ek by ‘n winkel ingaan nie . Met die aansteek of eerder aansit van die dorp se kersboomliggies het omtrent 1500 van ons by die ko-operasie bymekaar gekom. Daar het elkeen ‘n kersie brand gemaak en daarmee na ‘n plein in die dorp so kilometer weg, gestap. Die naaste wat ek daaraan in Suid Afrika gekom het, was toe Piet Koornof vir die Nasionale Party kom stemme koop het met ‘n braavleis in die parkie vir ons arm mense. Die Mev. het ook haar voete gevind en ek vind dit al hoe moeiliker om haar onder die duim te hou. Ek moet haar maar kort-kort daaraan herhinder dat ek nie een van deel van haar projekspan is nie. Ek het by die plaaslike Unversiteit ingeskryf vir ‘n kursus in “green building” en het die semester maar liewers net eers een vak geloop om te kyk of dit nog moontlik is om nuwe feite tussen die ore in te forseer. Ek het op universiteit altyd die vermoee gehad om myself in sterk groepe in te werk vir groepstake. Sodoende kon ek bietjie “terug gear” of “cruise” sonder dat iemand iets agterkom. Tot my spyt het ek klaarblylik hierdie vermoee met tyd verloor en moes ek nogal bonstaan om die “free rider” in my groep gedurende die semester te “dra” Soos my pel se: “ Die wiel draai stadig, maar bliksem hy draai” Ek gaan aand die einde van die maand Suid-Afrika toe en sal maar moet sien hoe tuis my land my gaan laat voel

No comments: