Monday, January 26, 2009

Home-sweet-Home??

Dit het blykbaar nog nie hier gereen soos dit moet nie en ons het al heelwat warmer dae met die son wat al hoe later begin onder gaan. Saam met die warmer weer kom die vliee ook natuurlik terug. Ek het nou eenmaal 'n ding met goed soos vliee, brommers en muskiete. Ek vermoed hulle by een van die Ark se lugventilasie-skagte ingeslip. Ek het nou (per ongeluk) ‘n geheime wapen teen die gevleuelde gespuis ondek! Rug Doctor se Carpet Stain Remover!!


Met ons Switserse vriende, Marco en Ursi wat die eerste week in Februarie ariveer , was ek aan’t matte skoonmaak en terwyl ek so onder die eettafel op my kniee sit, kom een van die plaaslike vlliee ingedrentel met so verveelde lui houding wat my sterk herinner aan een van die amptenare in Centurion se Departement van Binnelandse Sake. Ek het natuurlik dadelik gestrip en nog voor hy sy final approach op die landingstrook tussen die tafel en die stoel kon uitsoek, pomp ek die spuitbotteltjie verwoed en zap ek hom met die stain remover. Ek moet se, dis dodeliker as Suid-Afrika se Target Mortein want hy het nie eers gehop toe hy die mat tref nie. Hy het net so tussen die mat se pool begin uitkruip en teruggeval. En dit was dit. Dis geen wonder die label op die bottel se dat jy handskoene moet aantrek nie. Ek sal in die komende maande net aan ‘n aanvalsstrategie moet werk sodat al wat plant, kind, skottelgoed- en kosding nie vol Stain remover sal opeindig nie.


Ons begin al hoe meer gewoond raak aan die plek en die lae spoedgrens van 25MPU begin al plek-plek selfs vir my sin maak. Die plaaslike politiek is vir my ‘n bron van groot vermaak. Suid-Afrika is beslis nie die enigste land met korrupte politici nie. Die goeverneur van Illinois , Blagojevich het die plek wat Obama in die Senaat vakant gelos het , probeer verkoop aan die hoogste bieer. Toe hulle hom opskroef, het hy van “rent-a-crowd” gebruik gemaak en hulle agter hom geparadeer tydens ‘n pers-konferensie. Hy het hulle toe een-een uitgewys. Die een het hy gehelp met ‘n nieroorplanting en vir daardie een het hy gehelp met ‘n beurs vir studie en so aan todat hy die hele spul deurgewerk het. Toe wil hy die wereld oortuig dat hy nou opgeskroef word omdat hy die mense probeer help het. Geen verwysing aan die pos wat te koop was nie. Amper so belaglik soos ou BobZimjaan.
Obama se gekose kandidaat vir “Secretary of Treasury” het so paar jaar terug gerieflikheidshalwe “vergeet” om al sy belasting te betaal en het die foutjie probeer regstel die dag voor sy nominasie. By dit alles was sy huishulp van suid van die grens. Dis nou die wat Engels tweedetaal besig en die wat jy nou nie hoef te registreer vir die alledaagse lastighede soos belasting, social security ens nie. Ai, dat jou verlede jou nou so moet inhaal! Die snaakste van alles is dat die Demokrate nou reken dat hy die ENIGSTE een is wat die Amerikaanse ekonomie kan regruk en dat sy foutjie eintlik nietig verklaar behoort te word. Netso belaglik soos BobZimjaan… Die Amerikaners is erg op vryheid van spraak en ek het toevallig afgekom op wat die Radio Pretoria van die VSA moet wees. Hulle ontleed Obama en Kie se toesprake sin vir sin en looi hulle van begin tot einde. Die kritiek teen Obama en sy trawante word reeds plek-plek afgemaak as rassime! Klink dit bekend? Obama-hulle blameer die land se probleme op die vorige regering. Klink dit bekend? By the way – die begin van die ekonomiese probleme hier was die “sub prime-rate” wat deur Clinton afgedwing was. Die hulppakket wat Obama afgekondig het, heet TARP- The American Rescue Plan of so iets. Dis ook deur een of ander Obama sidekick duidelik gemaak dat TARP nie bedoel is wit wit mans nie. Bekend? Damm, ek begin al heel tuis voel hier net agv die regeringsuitsprake. Laat ek maar net hier ophou voordat ek daarvan beskuldig word dat ek Die Vierkleur op Amerikaanse grondgebied probeer laat wapper……………..

Die Amerikaners moet krediet gegee word vir wat hulle al vermag het. Al kan sommige se dis op die rug van ander lande. Ek het afgekom op ‘n stukkie Americana. Elke Suid-Afrikaanse seuntjie word groot met ‘n .22 of ten minste ‘n windbuks. Ok, of droom daaroor. ‘n Amerikanertjie word groot met ‘n Radio Flyer waentjie. Die ander Americana is V8 enjins. Wel hieronder is die is Die “ultimate” Americana – ‘n Radio Flyer met ‘n V8.




Omdat ek al so tuis voel hier het ek besluit om ‘n lys te begin maak van woorde wat jy net in Amerika sal hoor. Ek sal die lys byhou soos ek hulle hoor. Om te begin is daar twee, waarvan die eerste deur niemand anders as George Bush (wie dan anders?) geuiter is.:
Weird Words:
· Misunderestimated
· Analization

ZAK…………….

No comments: