Tuesday, November 25, 2008

Die Wittebrood fase

Oppak is nie maklik of goedkoop of vinnig nie. Om in die proses ‘n ou huis te probeer regmaak vir die huurder is nog moeiliker en duurder. Die goeie ding is dat die lekkende koue waterkraan in die gaste toilet nou na ses jaar reg is. Die krag wat uitgeskop het na baie reen is ook reg. Die lys is te lank om alles te noem. Ons het elke naweek nog ‘n paar bokse toegeplak en so die huis stuk stuk weggepak . Die laaste week was die ergste. Dar was nie meer ‘n yskas, mikrogolf of stoel in die huis nie. Ek kon nie eens koffie maak nie en omdat daar nie meer gordynne in die huis was nie het ek maar met die enkelbedmatras in die donkerste hoek van die gang geplak. As ek wou sit het ek maar op die trappe gesit.

Ek het ook na te veel ure uiteindelik in die VSA aangekom. Twee goed het my tydens die vlug so op my agtervoete gehad dat ek gewonder het of ek dit in die VSA gaan maak. Die eerste was ‘n Amerikaner wat homself voor my kom neerplons het, twee sitplekke sover terug laat recline het dat ek gemakliker in die heelagterste toilette sou wees en toe die regsgestelde lugwaardin uit ‘n hoogte uitgedinges het omdat sy nie die eertse keer verstaan het dat hy sy koffie met melk en sonder suiker wil he nie. Die tweede was ook ‘n Amerikaner wat onsteld was omdat die Suid-Afrikaanse vlieenier aanhoudend gese het ons 6 uur in Washington land en dat die tyd in der waarheid met 1uur aangeskuif het agv daglig besparing. So asof sy dagligbesparing nou die vlegtyd sal korter maak. Jana jy moet maar die gramatika saam met die spelfoute en slang verskoon.

Wonderwoman het die plek waarin ons bly baie gou in ‘n tuiste omskep. Dis ook heelwat groter as wat ons gedink het. So daar is slaapplek vir die wat wil kom kuier. Ons verwag ten miste een kuier van elkeen van julle per jaar .

Almal wat Suid Afrika verlaat besing die lof van die land waarheen hulle gaan en trash Suid Afrika om sodoende hulle besluit te regverdig. (SeBRUCEtiaan Fick in Austalie uitgesluit) Good on you mate!. Die eerste emails is ook die langes. Ek noem bg. die wittebrood fase. Ek sal seker ook nie ‘n uitsondering wees nie, maar sal probeer om nie SA in die proses te veel te trash nie.
Davis is beslis nie soos Stellenbosch nie. Die enigste ooreenkomste wat my betref is dat hier baie studente en groot bome is. Almal in die dorp ry so stadig asof hulle boom rook ook. So stadig as wat hulle in die dorp ry so druk hulle jou op die snelweg. 55 MPH my ass…. As jy ‘n spoedkaartjie kry word jou versekeringspremie outomaties verhoog. Om dit te verhoed kan jy dan ook vir ‘n praktiese bestuursles gaan en ‘n online verkeerstoets doen wat sowat 4 ure uit jou dag neem. Ek berei my al voor…

Wat mens dadelik opval in die dorp is dat hulle hout-en-papier zozo huise nie heinings het nie en van die huise is baie naby aan groot/besige paaie gebou.

Costco is die plek om te shop. Jy koop jou loyalty gesinskaart kaart vir $100 en dan kry jy aan die einde van die jaar 2% terug. By elke gang is daar een van daai anties wat van sop tot kougom vir jou laat proe. As jy twee keer by elke antie in die winkel stop het jy jou drie maaltye vir die dag in. By Costco is petrol op die oomblik so 17 Amerikaanse sent per liter goedkoper as by die goedkoopste plek in die dorp. Die Suid-Afrikaners shop oor naweke by Costco, proe by elke antie die kos en maak dan sommer ook die petroltenk vol vir die week. Cheapskates! J Ek het vandag uitgevind hulle verkoop ook alles in grootmaat. By die kasregister het die Antie my vertel dat ek nie net 1 bakkie cranberries kan koop nie maar dat ek die hele boks met tien pakkies moet vat. Wou vir haar se ek kry vreeslik uitslag na die derde pakkie maar het toe maar net gese ek is jammer het nie geweet nie.

Amerika is ook nie voor met al die tegnolgie soos wat’n mens sou verwag nie. Ek het vir Wonderwoman gese ek soek die eenvoudigste Nokia op ‘n “pay as you go” pakket. Die ou foontjie het nie Bluetooth nie, Jy kan nie ‘n ringtone download nie, hy kan nie MMS nie, het nie infra rooi nie ens ens. Selfs die eenvoudigste Nokia in Suid Afrika kan bg. basics baasraak. Die Yanks is ook nie groot op Internet banking nie. Lyk my hulle het ook nog nie van tjekbedrog gehoor nie want alles (tot ontbyt) word per tjek betaal.

Vandag is ek na die D.I.Y. hemel toe. Ek sal dit eenvoudig verduidelik. EK wil ook mos gedurig piepie en. nee dis nie die prostaat nie, dis al die koffie. Toe ek daar instap is die daar dadelik ‘n knaap by en vra of hy my kan help. “ I’m looking for a rest room” se ek. “To use or to buy?” vra hy. Ek is ook na IKEA, die goot meubelwinkel toe vir ontbyt. (ek is mos ook een van die cheapskates). Spek, eiers, aartappels en drie visvingers vir $1.99. Heel lekker behalwe dat die visvingers toe meer iets is soos sponskoek wat ge-deep fry is. Sal volgende keer die visvingers skip en net 99c vir die meer eenvoudige ontbyt betaal. Amerika is ook nie so goedkoop soos wat almal graag dink nie. Bg ontbyt sal op ‘n ander plek saam met koffie maklik $12 of so kos. Selfs die karre is duur. Maar as daar nou een ding is wat ek geniet is dit die karre.

Ek het Clara vandag met huiswerk gehelp en dit jeuk maar vir my so bietjie dat sy color moet spel en nie colour nie. In diie leesboekie spel hulle dit ook “goin to” ipv going to. Moet se Clara kap dit nogal uit. Die woorde wat haar floor is goed soos except en sy earf nog ipv earth.

Die Suid-Afrikaners help mekaar ongelooflik baie. Dit word oor en weer geleen en as iemand trek is die Suid-Afrikaners die die trekkers se arbeid vir die dag. So house sit ons die naweek vir Francois en Shani om hulle hond op te pas. Hy het ook ‘n TV wat ons nie het nie………………

No comments: